RIGLYN VIR DIE INVUL VAN DIE VRAELYS
- Laai asseblief eers die PDF- of Word-weergawe van die Gemeentevraelys af en druk dit. Klik hier vir die PDF weergawe of die Word weergawe.
- Voltooi die uitgedrukte vraelys volledig (rofweg) per hand. Kry met ander woorde alle antwoorde vooraf, sodat jy later die aanlyn vraelys maklik kan voltooi.
- Stuur gerus vooraf die verskillende afdelings aan verskillende persone of kommissies in die gemeente om te voltooi. [Stuur byvoorbeeld afdeling 3 (Finansies) aan die rekenmeester, of finansiële kommissie of wie ook al sal weet.]
- As jy gereed is om die aanlyn vraelys te voltooi, moet jy eers aanteken.
Doen dit hier - Nadat jy aangeteken het, kan jy klik op die skakel na die gemeentevraelys. Jou gemeente se vraelys sal dan verskyn.
- Die eerste klompie blokkies (onder “Kantoorgebruik”) sal reeds met jou gemeente se besonderhede ingevul wees.
- Daar is tien afdelings. Na elke afdeling moet jy op “Next” klik. Die rekenaar sal jou egter waarsku as jy vrae uitgelos het. Jy moet dit eers voltooi, voordat jy verder sal kan gaan. Jy is ook welkom om op die “save draft” knoppie te druk. Die data sal dan gestoor word, sodat jy later verder kan werk. Jy sal ‘n boodskap kry wat noem: “Dankie, u vordering is gestoor.“
- Nadat jy die vraelys suksesvol voltooi het en jy op “dateer op” geklik het, kan jy dit altyd later weer laai (nadat jy weer aangeteken het). Jou gemeente se data sal behoue wees en vertoon. Jy kan dus altyd later aan die data wysig.
- Die voorlaaste vraag in die laaste afdeling gee jou die opsie om te kies of die vorm “Draft” of “Final” is. Indien die vorm volledig voltooi is en jy tevrede is dat dit finaal is, kan jy “final” kies.
- Elke vraag wat met ’n * gemerk is, is verpligtend. Tik dus ’n “0” (nul) of “nvt” waar nodig. Dit sal soms lyk of vrae “verdwyn”. Ons vra byvoorbeeld of die gemeente ’n proponent in diens het. Indien julle “Nee” kies, verdwyn die volgende vraag (die vraag oor hoeveel proponente daar is). As julle “Ja” kies, moet julle wel die getal invul.
Sodra jy op “Dateer op” klik, kry ons julle voltooide vraelys. - Die keerdatum is voor of op Maandag 20 Junie 2022.
Navrae kan aan Ester Steyn gerig word.
AS U BLOOT WIL LOER NA DIE VRAELYS…